Commons:Hartlik welkom - Wikimedia Commons

Commons:Hartlik welkom

From Wikimedia Commons, the free media repository
Jump to: navigation, search
Welkomblad in ander tale:

Afrikaans | Alemannisch | Aragonés | العربية | Asturianu | Boarisch | ‪Беларуская (тарашкевіца)‬ | Bahasa Banjar | Български | বাংলা | Català | Cymraeg | Dansk | Deutsch | Ελληνικά | English | Esperanto | Español | Euskara | فارسی | Français | Galego | עברית | Hrvatski | Magyar | Interlingua | Bahasa Indonesia | Íslenska | Italiano | 日本語 | 한국어 | Lëtzebuergesch | Македонски | Олык Марий | Plattdüütsch | नेपाली | Nederlands | ‪Norsk (nynorsk)‬ | ‪Norsk (bokmål)‬ | Occitan | ਪੰਜਾਬੀ | Polski | Português | Português do Brasil | Русский | සිංහල | Slovenčina  | Slovenščina  | Српски / Srpski  | Basa Sunda  | Suomi  | Svenska  | Türkçe  | Татарча/Tatarça  | Tiếng Việt  | 粵語 | ‪中文(简体)‬ | ‪中文(繁體)‬ |

+/−

Wat is die Wikimedia Commons?

Wikimedia Commons is 'n mediaversameling wat nie deur betaalde kunstenaars geskep of instandgehou word nie, maar deur vrywilligers. Die naam "Wikimedia Commons" is afkomstig van dié van die koepelprojek, "Wikimedia", wat al die Wikimedia-projekte bestuur, en die Engelse woord "commons", wat daarop dui dat dié projek se inhoud deur 'n reeks anderstalige en verskeie soorte Wikimedia-projekte gedeel word. Dit is dus 'n sentrale versameling van vryelik gelisensiëerde foto's, diagramme, animasies, musiek, gesproke teks, video uittreksels en allerhande ander soort media wat moontlik nuttig vir enige van die Wikimedia-projekte mag wees.

Wikimedia Commons gebruik dieselfde wiki-tegnologie as Wikipedia en dus kan enige persoon dit maklik in hulle eie webblaaier wysig, sonder dat hulle oor enige tegniese vaardighede hoef te beskik. Anders as medialêers wat na ander projekte opgelaai word, is lêers wat na die Wikimedia Commons opgelaai is dadelik beskikbaar vir gebruik op die bladsye van ál die Wikimedia-projekte, sonder dat mens dit daar apart moet oplaai.

Die Commons-projek is op 7 September 2004 geloods en het op 30 September 2006 'n mylpaal van 1 miljoen lêers behaal. Tans bevat die projek 12,709,081 lêers in 105,527 versamelings. Meer agtergrondinligting oor die Wikimedia Commons-projek kan gevind word in ons Algemene voorwaardes of by die projek se blad by die by Meta-wiki.

Anders as tradisionele mediaversamelings is Wikimedia Commons nie net gratis nie, maar ook vry. Dit beteken dat enige persoon die lêers hier mag kopiëer, gebruik én wysig, solank as wat hulle hul bron en die outeurs krediteer en hulle kopieë/wysigings onder 'n soortgelyke vrye lisensie versprei. Die databasis van die Wikimedia Commons en sy tekste word self onder die GNU-Vrye Dokumentlisensie gelisensiëer. Die lisensiëringsvoorwaardes van elke individuele lêer kan op die lêer se beskrywingsblad gevind word. Meer inligting oor gebruiksvoorwaardes...

Neem deel

U kan Wikimedia Commons verbeter deur by te dra in die areas waarin u vaardig is:

Dra u eie werk by

Indien u 'n goeie fotograaf is moet u nie huiwer om u kosbare beelde hier by te dra nie. Indien u 'n goeie ontwerper is, loer watter diagramme of animasies dringend benodig word. Indien u 'n goeie musikant of film-/teaterkunstenaar is, is u welkom om opnames van u opvoerings van vrye werke hier te publiseer.

Dra u vaardighede by

Dit is nie nodig dat u u eie werke oplaai nie. Daar is meer as genoeg ander belangrike sake wat aandag kort:

Dra u tyd by

U hoef nie eens 'n kunstenaar of goeie skrywer/vertaler te wees nie. Indien u genot put om orde uit chaos te skep dan kan ons u hulp gebruik!

  • Indien u ter eniger tyd 'n lêer sien sonder voldoende bron- of lisensiëringsinligting kan u dit merk met {{subst:nsd}}.
  • Verskaf 'n kategorie aan ons weeslêers, sodat ander gebruikers dit ook kan vind.
  • Daar is talle vrye mediabronne wat se lêers ook hier ingesluit kan word.
  • Nomineer of stem vir ons spogbeelde (registrasie vereis).
  • Word 'n FlickrLickr-vrywilliger — dis vet pret!
Registreer

Om lêers ná die Wikimedia Commons op te laai, moet u 'n ingetekende gebruiker wees. U kan registreer deur op die "Teken in / create account-skakel regs bo op u skerm. Daar kan u 'n gebruikersnaam kies wat by al u wysigings en bydraes sal vertoon. Dit is egter nie nodig om 'n rekening te skep vir algemene wysigings nie, alhoewel dit aanbeveel word.

Eerste stappe

Ons Beginnersgids en ons Veelgestelde vrae sal u baie kan help wanneer u geregistreer het. Hulle verduidelik hoe mens die gebruikerskoppelvlak kan instel volgens u voorkeure, (bv. watter taal u verkies) en hoe om lêers op te laai en ons basiese lisensiëringsbeleid. U het nie tegniese vaardighede nodig om hier by te dra nie. 'Voel vry wanneer u bydra en aanvaar goedertrou rakende ander gebruikers se bedoelings. Hierdie is 'n wiki - dis regtig maklik.

Meer inligting kan gevind word by die Gemeenskapsportaal. U kan ook u vrae stel by ons Geselshoekie, of by ons IRC-kanaal, #wikimedia-commons (Engels is algemeen, siende dat hierdie 'n internasionale gemeenskap is).

Lêers by die Wikimedia Commons word in kategorieë en galerye verdeel. 'n Oorsig van die kategorieë wat ons gebruik is beskikbaar op ons Tuisblad.

Addisionele dienstes en sagteware

Indien u steeds bang is dat hierdie alles te ingewikkeld is, of indien u 'n groot aantal van u werke wil oplaai, kan u van die Commons se oplaaidiens gebruik maak, waardeur ander gebruikers lêers namens u kan oplaai. Vir groter aantal werke wat deur u self geskep is, is die Commonist-program ook behulpsaam. Indien u spesifieke inligting benodig oor die programmatuur wat gebruik kan word om ons inhoud te besigtig of te wysig, sien gerus ons sagtewareblad.

Ons hoop dat u u tyd hier sal geniet en dat u pret sal hê by die Wikimedia Commons.


Warning: curl_setopt() [function.curl-setopt]: CURLOPT_FOLLOWLOCATION cannot be activated when safe_mode is enabled or an open_basedir is set in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 59

Warning: date() expects parameter 2 to be long, string given in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 538

Warning: date() expects parameter 2 to be long, string given in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 539

Warning: date() expects parameter 2 to be long, string given in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 540

Warning: date() expects parameter 2 to be long, string given in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 541

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 648

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 649

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 650

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 651

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 652

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 653

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 654

Warning: date() expects parameter 2 to be long, string given in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 654

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 655

Warning: date() expects parameter 2 to be long, string given in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 655

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 656

Warning: date() expects parameter 2 to be long, string given in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 656

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 657

Warning: date() expects parameter 2 to be long, string given in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 657

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 658

Notice: Uninitialized string offset: 0 in /www/tp_www/www/wiks.finansenaauto.info/richFeeds.php on line 659


Strona gwna serwisubrak hosta brak hosta 906 906 system wymiany linkow